Zinkplaat toer nie veel Noord nie. Ons kry maar min van hierdie manne wat lief is vir hul wyn, lief is vir reën in die winter en wat "ek" as "ik" uitspreek. So toe ek hoor hulle is in Potch, het ek en my vriend Rico deurgery net vir hulle. Kyk, ons is groot fans van hierdie lekker band. Hulle benadering tot musiek en lirieke is uniek in die Suid Afrikaanse musiekbedryf. Hulle hou daarvan om hul eie ding te doen, bietjie stroomop, nie gepla met die mainstream musiek nie. En dis waarvan ek hou. Niemand skryf hulle voor nie. Al invloed is hul eie invloed.
Dis al na tien. Memphis Rock (voorheen Pablo's) in Potch is volgepak. Bertie en die res van die Zinkplaat bende betree die stage. Ek het myself sommer aangestel as hul fotograaf vir die aand. Lekker op die stage. Bertie het my vroeër gevra dat ek hom asseblief net sal afneem as hy die Jagermeister bottel uitdeel. Jagermeister is hulle sponsor, Jagermeister gee vir hulle freebies en drank om uit te deel, maar Jagermeister sien nooit hoe hulle dit uitdeel nie. Nou kan hulle vir Jagermeister 'n paar foto's wys.
Die skare was mal, en Rico die malste. Hy het selfs vasgedans met 'n meisie op 'n ou Zinkplaat tune. Mense head bang en spring rond. Hulle gil, oë toe, uit volle bors. Uiteindelik is ek by 'n Zinkplaat show wat almal die musiek waardeer en weet wie die band is. Almal sing saam al van die eerste liedjie af. 'n Show is soveel beter as die skare ook die lirieke ken.
Ek dink Bertie, Beer, Beitel en Basson is geheimsinnig en telepaties aan mekaar verbind. Hulle werk perfek saam, soos spek en eiers. Elkeen weet wanneer die kollig op hom is. Basson slaan sy solo's perfek. Bertie vry wild aan sy mondfluitjie. Beitel is rustig op die baskitaar, teruggetrokke, maar versekerd oor elke snaar wat hy trek. En ou Beer moer die dromme en grynslag en sing en sms sy ma sommer tegelyk, sonder om 'n hi-hat of 'n bass kick te mis. Hulle speel sonder 'n vooropgestelde line-up. Hul volgende treffer hang ten volle van die energieke skare af. "Ek hoor 'n Die Spons hier, en ek hoor 'n Jan Papier daar. So wat kies julle?" vra Bertie vir die skare. Hulle kopskud vir mekaar en trek gelyk weg, gedirigeer met gevoel en die liefde vir hul eie musiek. Die skare gaan weer mal. Hulle speel oor hul tyd, dis half een. Die skare soek meer. Bertie gooi hemde van die stage af. Die show is verby. Die kuier nog nie.
Ek en Rico praat seker 'n uur lank met Bertie. Hy is klaar met handtekeninge uitdeel en t-hemde verkoop. Beitel sit agter by die bar en rook 'n sigaret. Basson en Beer kuier met die res van die mense. Sien, dis die ander ding van Zinkplaat wat my hart warm maak. Hulle is deel van die mense wat onder die verhoog staan. Hulle mingle. Hulle is nie meerderwaardig nie.
Later die oggend sit ons buite en stook 'n hubbly. Beer kom sit by ons en ons praat kak oor Jan Rabie, Kurt Darren, kommen Afrikaners, Bertie se plaas en Zinkplaat se toekoms. Beer sien hulle kombi in die straat afry. Hy groet ons vinnig, spring oor die hek en skree 'n paar goed vir Bertie wat amper vir hom wegry.
Dis half vier. Ons eet slaptjips by Varsity Bakery. Twee ouens baklei reg voor ons tafel. Die een is paraplegies gesuip, die ander een het net een arm. Hulle vloek, hulle stamp mekaar rond, ek eet my slaptjips vinniger, hulle staan kop teen kop, vertoon hul bravade. Nog 'n stamp. Die ou met die een arm wen! Sy vriendinne huil. Die dronk ou ook...
Thursday, February 24, 2011
Tuesday, February 15, 2011
Backstage (as daar een is)
Backstage. Totaal en al anders as die atmosfeer voor die verhoog. Die plek waar jy met bekendes uithang, met hulle praat oor hul nuutste CD of hul toekomsplanne vir die band. Daar waar jy ekslusiewe brandewyn kry en die rye vir die toilette veel korter en skoner is. 'n Heilige plek vir elke student, 'n plek waar net die beskore kan ingaan. Dis soos jou ouma se koekieblik, jy kan dit sien, maar jy weet jy mag nie daar ingaan nie. Ek staan daar, agter die muur langs die trappe wat op na die verhoog lei. Ek hoor hoe die skare skree vir die volgende band. Ek steek maar 'n sigaret aan en kyk hoe die mense foto's neem saam bekendes en ou vriende, ek luister na die gesprekke wat hulle voer. Ek sien die joernaliste wat besig is om onderhoude met die bands te hou, die fotograwe se vingers ritmies op die knoppies van hul kamera's. Die fotograwe... Ek was ook een van hulle met Tuks se jool, my kaartjie in na backstage...
My hele lyf vibreer van die bas wat deur die luidspreker speel. Ek word byna verdoof deur die luidsprekers, dit pla my nie eintlik nie. Ek is in ekstase, ek kan op die verhoog staan, saam met die bands, ek kan rondbeweeg op die verhoog nes hulle. Ek het sekere voorregte waarvan elke ander student net sal kan droom. Ek kan my oog nie van die kamera afhou nie, die stukkie meganika wat vir my die klein hekkie na die agterkant van die verhoog laat oopswaai het...
Nou deel ek met julle wat ek op die verhoog gesien het:
My hele lyf vibreer van die bas wat deur die luidspreker speel. Ek word byna verdoof deur die luidsprekers, dit pla my nie eintlik nie. Ek is in ekstase, ek kan op die verhoog staan, saam met die bands, ek kan rondbeweeg op die verhoog nes hulle. Ek het sekere voorregte waarvan elke ander student net sal kan droom. Ek kan my oog nie van die kamera afhou nie, die stukkie meganika wat vir my die klein hekkie na die agterkant van die verhoog laat oopswaai het...
Nou deel ek met julle wat ek op die verhoog gesien het:
Tuesday, February 1, 2011
Ek lees nie
blou kombuiskaste
dis blou, dis blou, dis blou
en 'n wit beker
dis wit, dis wit, dis wit
koffie
bring my nie nader aan vordering nie
ek lees nie
dis blou, dis blou, dis blou
koffie is blou
en die kombuiskaste
dis wit, dis wit, dis wit
dis blou, dis blou, dis blou
en 'n wit beker
dis wit, dis wit, dis wit
koffie
bring my nie nader aan vordering nie
ek lees nie
dis blou, dis blou, dis blou
koffie is blou
en die kombuiskaste
dis wit, dis wit, dis wit
Subscribe to:
Comments (Atom)