Tuesday, February 15, 2011

Backstage (as daar een is)

Backstage. Totaal en al anders as die atmosfeer voor die verhoog. Die plek waar jy met bekendes uithang, met hulle praat oor hul nuutste CD of hul toekomsplanne vir die band. Daar waar jy ekslusiewe brandewyn kry en die rye vir die toilette veel korter en skoner is. 'n Heilige plek vir elke student, 'n plek waar net die beskore kan ingaan. Dis soos jou ouma se koekieblik, jy kan dit sien, maar jy weet jy mag nie daar ingaan nie. Ek staan daar, agter die muur langs die trappe wat op na die verhoog lei. Ek hoor hoe die skare skree vir die volgende band. Ek steek maar 'n sigaret aan en kyk hoe die mense foto's neem saam bekendes en ou vriende, ek luister na die gesprekke wat hulle voer. Ek sien die joernaliste wat besig is om onderhoude met die bands te hou, die fotograwe se vingers ritmies op die knoppies van hul kamera's. Die fotograwe... Ek was ook een van hulle met Tuks se jool, my kaartjie in na backstage...

My hele lyf vibreer van die bas wat deur die luidspreker speel. Ek word byna verdoof deur die luidsprekers, dit pla my nie eintlik nie. Ek is in ekstase, ek kan op die verhoog staan, saam met die bands, ek kan rondbeweeg op die verhoog nes hulle. Ek het sekere voorregte waarvan elke ander student net sal kan droom. Ek kan my oog nie van die kamera afhou nie, die stukkie meganika wat vir my die klein hekkie na die agterkant van die verhoog laat oopswaai het...

Nou deel ek met julle wat ek op die verhoog gesien het:









No comments:

Post a Comment