die kinders in die parkie
wat swaai
word eendag oud
en die swaai word 'n brug
en die kettings 'n tou om hul bene
die kinders in die parkie
wat rondomtalie ry
word eendag student
en die rondomtalie word 'n glas
en alkohol maak hulle nou dronk
die kinders in die parkie
wat op die gras rol
word eendag hoog
en hulle rol nou self die gras
en dit bommelakiesie in hul kop
die kinders in die parkie
wat prentjies in die wolke sien
word eendag verslaaf
en die wolke bly wolke
maar word wolke van nikotien
die kinders in die parkie
wat gly
word eendag 'n konsultant
en die glyplank word 'n glyskaal
en die daling word gemeet in geld
die kinders in die parkie
wat wipplank ry
word getroud
en dis wipplank in verhoudings
hoog laag skei
die kinders in die parkie
wat lewe
gaan eendag dood
en die liggaam word stof
en die parkie word 'n grafplaas
Dit is werklik noggal hartseer, maar 'n tragiese waarheid. Hel is nie die enigheid nie, maar hel is verandering.
ReplyDelete